Shalom in Arniston
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyfde Laan 13, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 420 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Shalom in Arniston is ’n gerieflik gemeubileerde huis vir tot 6 gaste.
Die huis het 3 slaapkamers wat elk ’n dubbelbed het. Een van die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer met ’n bad. Beddegoed word voorsien. Gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.
Die oopplan-kombuis het ’n stoof en oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n yskas en maaltye kan by die etenstafel geniet word.
Die sitarea het ’n TV en gaste moet asb. hul eie dekodeerders en slimkaart vir DStv saambring, ongelukkig het ons nie PVR-koppelpunte nie. Gratis kanale is wel beskikbaar.
Die leefarea lei na ’n stoep met ’n buitebraai-area. Troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word. Die erf is egter nie omhein nie. Let daarop dat die huis via trappe bereik word, en dit mag dalk nie geskik wees vir bejaardes of gaste wat moeilik loop nie.
Gaste kan op die lieflike strande ontspan en Arniston bied verskeie doendinge soos verskeie restaurante, swem, fietsry, perdry, bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk, duik en veel meer. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel of die Waenhuiskransgrot besoek
Slaapplek
’n Bespreking by Shalom in Arniston sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Cornel Geverifieer
Eiendomme 59
Resensies 173
Jaar gelys 6
Ligging
- Vyfde Laan 13, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Shalom in Arniston het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyfde Laan 13, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom