Sieniesee

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sieniesee is in Danabaai, Mosselbaai geleë en bied 'n gerieflike woonstel, ideaal vir 'n gesin. Daar is verskeie winkels, restaurante, besienswaardighede en doendinge in die omgewing. Die strand is net 'n klein entjie in die straat af.

Dié woonstel het slaapplek vir 5 gaste, ideaal vir 'n gesin, maar nie vir 5 volwassenes nie. Daar is 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Die leefarea het 'n enkelbed en stapelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Daar is 'n groot dubbelskuifdeur wat lei na die tuin met braaigeriewe en 'n ononderbroke see-uitsig. Bokke maak soms 'n draai deur die tuin en fisante word bederf met gebreekte mielies.

Die swemstrand, 1ste Strand, is naby die huis, ongeveer 1 km se stap van die eenheid af.

Slaapplek

'n Bespreking by Sieniesee sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Slaapsaalbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sieniesee gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false