Silver Lakes Gastehuis
Beskrywing
Silver Lakes Gastehuis is 'n warm en verwelkomende vestiging in die Winterveld, omtrent 45 km van Pretoria, 10 km van Morula Sun, en 7 km weg van Central City Shopping Centre en Mabopane-stasie. Winterveld is noord van Pretoria, met 'n landelike gebied noord-wes. Dié omgewing is baie stil en rustig, en naby Mabopane en Soshanguve.
Silver Lakes Gastehuis het drie eenhede beskikbaar. Elke eenheid het 'n koningingrootte-bed, warm stort, kroeg-yskas, lessenaar, DStv (LCD TV) en 3G-dekking. Die kompleks word deur 'n elektriese heining, kameras en 24 uur sekuriteit beveilig. Silver Lakes het 'n 80 m x 90 m topklas ontwerperstent wat versier en ontwerp is om aan die behoeftes en die verwagtinge van sakelui en reisigers te voldoen.
Elke tweede dag word die kamer skoongemaak en linne en handdoeke omgeruil. Dit staan die gas egter vry om hierdie dienste aan te vra wanneer die behoefte opduik.
Ontbyt is op aanvraag beskikbaar. (Daar kan gekies word tussen 'n Engelse ontbyt of 'n plaaslike dis.) Aandetes kan verskaf word, maar ons moedig gaste aan om by een van die restaurante in die omtrek te gaan.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Silver Lakes Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |