Skoorsteenberg Farm and Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Skoorsteenberg Farm and Cottages in op ’n werkende plaas in die droë Tankwa-Karoo en is 69,2 km van die Tankwa Karoo Nasionale Park en 52,3 km van waar die berugte AfrikaBurn gehou word af. Die verblyf is ideaal vir diegene wat mal is oor die natuur. Gaste kan pragtige sonsondergange en sterre beleef asook wild teëkom, plaasdiere voer of donkies ry.

Gemaklike verblyf word aangebied in 2 selfsorgkothuise en elk bied slaapplek aan 6 gaste. Elke kothuis het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer en die tweede en derde slaapkamers het toegang tot ’n aparte stort en toilet.

Elke kothuis het ’n kombuis en sitkamer wat lei na die veranda waar gaste die mooi uitsig en sonsondergang kan geniet. Geniet die sterre by die vuurput of om die braai. Linne en handdoeke word in elke kothuis voorsien.

Elektrisiteit en warm water word voorsien via sonkrag en daar is geen opvangs nie, dus is dit die perfekte wegbreek vanuit die stad waar kinders kan speel en die plaasdiere voer. Die area bied wonderlike staproetes, fiets- en motorfietsbane en ’n klein dam om in af te koel aan. Die plaas is 261 km van Kaapstad af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Skoorsteenberg Farm And Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false