LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Soetpatat Guest Apartment | LekkeSlaap
+18

Soetpatat Guest Apartment

5 resensies
Selfsorg
Weeksdagaanbod 25% af

Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 1 Nov 2020 tot 14 Des 2020.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Herbertstraat 15, Oakdale, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R605 R454 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Soetpatat Guest Apartment bied verblyf in 'n splinternuwe gastewoonstel in Oakdale, Bellville. Die woonstel is ideaal geleë vir studente wat by 'n tersiêre-instelling in die omgewing soos die US Besigheidsskool, die Universiteit van die Wes-Kaap, Tygerberg se Mediese Hospitaal of CPUT studeer. Dit is ook ideaal vir sakereisigers wat besigheid moet doen in Tygerberg, Durbanville of Bellville. Die perseel is slegs 12 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 25 minute se ry van die middestad af.

Soetpatat Guest Apartment het slaapplek vir 2 gaste in 1 slaapkamer. Daar is 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, induksiestoof, broodrooster en 'n ketel toegerus. Die sitarea het 'n platskerm-TV met volle DStv. Gratis onbeperkte WiFi is beskikbaar vir gaste wat Netflix en YouTube wil stroom.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Braaigeriewe is in die woonstel se privaat area beskikbaar. Die beddegoed word weekliks geruil vir gaste wat lank bly. 'n Wasgoed- en skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit putt-putt, die Cool Runnings sleebaan en inkopies by Tygervallei Winkelsentrum in.

Slaapplek

’n Bespreking by Soetpatat Guest Apartment sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Soetpatat Guest Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Herbertstraat 15, Oakdale, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Soetpatat Guest Apartment het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R605
Vanaf R454
per nag (plek vir 2)
was R605
Vanaf R454
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Herbertstraat 15, Oakdale, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9IX2o9NTPcuXxi1kZeYCPrfrH4CImKPIZvJWm1d5etvaoFgkwp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R605, nou Vanaf R454  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 15 Herbert Street Oakdale 7530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.8950094 18.6323439
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!