Son-n-See

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Son-n-See is 'n vakansiehuis in Paternoster wat smaakvol ingerig is en ongelooflike uitsigte oor Paternoster se baai bied. Dit bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste en dis net 30 m van die strand af. Let asb. daarop dat dit 'n openbare strand is en dat dit bedrywig kan raak gedurende die vakansie.

Die huis het 3 ruim slaapkamers wat elkeen oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer beskik. Die een en suite-badkamer bied 'n bad en 'n stort en die ander 2 bevat net storte. Daar is ook 'n vierde gedeelde badkamer met 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond en skottelgoedwasser. Die sitkamer is ruim en bied 'n platskerm-TV met 'n volle DStv-pakket. WiFi word voorsien. Die leefarea lei na 'n patio met buitemeubels en braaigeriewe. Die leefarea en patio bied ook ongelooflike uitsigte.

Son-n-See bied parkeerplek van die straat af en dis naby plaaslike restaurante en winkels. Dis die ideale blyplek vir gesinne of groepe vriende. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Son-n-See sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Son-n-See gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za