-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 190, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Stap af tot by die mees suidelike punt van Afrika, bewonder die pragtige son wat agter 'n gestrande skeepswrak sak, besoek ons historiese vuurtoring. Dit is alles binne loopafstand van South Point af.
South Point is 'n klein, persoonlike, 3-ster-gegradeerde instansie wat uit 6 selfsorg-eenhede bestaan en hoogs aanbeveel word. Ons is binne 100 m van die toegangshekke na die Agulhas Nasionale Park, waar die Indiese en Atlantiese oseane bymekaarkom, geleë. Restaurante, koffiewinkels, die see, getypoele en oeroue vislokvalle is enkele minute se stap weg.
Die eenhede is volledig ingerig. Daar is alles, van kraakvars, wit katoenlinne en handdoeke tot TV's met satellietkanale, kluise, verwarmers, waaiers en gratis WiFi. Elke eenheid beskik oor sy eie privaat patio met braaigeriewe om die stil L'Agulhas-aande terdeë te geniet, terwyl jy 'n vleisie op die kole gooi. Jy kan ook by een van ons plaaslike restaurante inloer. Slegs die woonstel op die boonste verdieping het 'n see-uitsig. Al die ander eenhede is op die grondverdieping geleë.
Gaste kan 'n stewige ontbyt geniet by die plaaslike koffiewinkel wat om 08:30 oopmaak. Ons is trots op ons reputasie vir bekostigbare, baie skoon en gemaklike 3-ster-verblyf.
Geen kinders jonger as 12 jaar word toegelaat nie. Geen troeteldiere word toegelaat nie en rook in die eenhede is verbode.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hoofweg 190, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Gaste dink South Point Self Catering and B&B het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 190, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12