Groenpunt Akkommodasie by Springbok Villa | LekkeSlaap
+32

Springbok Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springbokweg 36, Seinheuwel, Kaapstad, Kaapstad , 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Springbok Villa is 'n pragtige tripelverdiepinghuis teen die hange van Groenpunt en voor Seinheuwel in Kaapstad. Dié villa spog met asemrowende uitsigte oor die omgewing en die see in die verte.

Dié keurige selfsorghuis het 4 ruim slaapkamers en 4 en 'n halwe badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Hierdie kamer en die gaste-toilet is op die middelste verdieping. Op die onderste verdieping is daar nog 3 kamers wat elkeen 'n koninggrootte- of 'n koningingrootte-bed het.

Die kombuis op die boonste verdieping is goed toegerus met 'n groot yskas-vrieskas, 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond, graniettoonbanke en 'n ontbythoekie met stoeltjies. Die aparte oopplan-eetarea beskik oor 'n tafel met stoele, en 'n balkon.

In die leefarea is daar 'n pooltafel, 'n kroegarea, 'n platskerm-TV en 'n gasbraai. Dié area bied toegang tot 'n dek met 'n randvloeiswembad en skilderagtige uitsigte. Daar is 'n motorhuis met parkeerplek vir 1 voertuig en ekstra parkeerplek is in die straat beskikbaar. Daar is ook 'n wasmasjien in die motorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Springbok Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Springbokweg 36, Seinheuwel, Kaapstad, Kaapstad , 8051, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf R6 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springbokweg 36, Seinheuwel, Kaapstad, Kaapstad , 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAVrakhk2bA0Y2sFhaF9mwEM2vUjAHYZzW89hgIYssiXlWF3TjF5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 800  per nag (plek vir 8) 36 Springbok Road Signal Hill, Green Point 8051 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.911660092306 18.403548484656
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za