Groot-Brakrivier Akkommodasie by St Ellen 38 | LekkeSlaap
+10

St Ellen 38

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saint Ellen 38, De lange baan, Fynbos, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

St Ellen 38 is 'n selfsorg-eenheid wat pragtig versier is en beskik oor 'n rustige vakansie-atmosfeer. Gaste kan lekker sit en braai op die ruim houtdek met sy lieflike see-uitsig en die klank van branders in die agtergrond. Dit is in 'n sekuriteitskompleks tussen Groot-Brakriver en Hartenbos op die Tuinroete, net 2 km van die hoofstrand af.

Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en het plek vir 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Die eerste badkamer het 'n bad, wasbak en toilet, en die tweede badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis en -leefarea is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, oond, broodrooster en 'n wasmasjien in die kombuis. En die gerieflik leefarea beskik oor 1 rusbank, 2 stoele en deure wat oopmaak op die stoeparea.

Gaste wat hier bly het toegang tot die gemeenskaplike swembad en daar is 1 bedekte parkeerplek en een ekstra oop parkeerplek beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by St Ellen 38 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Saint Ellen 38, De lange baan, Fynbos, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saint Ellen 38, De lange baan, Fynbos, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU0YTg4N2FmLWMzNjktNGQ4Zi05YjNjLWRlOGM3NDNmZDJiNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 6) Saint Ellen 38 De lange baan 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.060425 22.206563
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za