St Ellen Grootbrak

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Ellen Grootbrak is 'n vakansiehuis in 'n veilige kompleks in Grootbrakrivier, 'n klein dorpie buite Mosselbaai. Dié rustige dorpie het pragtige strande en 'n strandmeer waar jy lekker kan swem. Dis die ideale bestemming vanwaar jy die Tuinroete kan verken.

Die bekoorlike huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander kamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n bad en 'n stort wat gedeel word. Daar is 'n aparte toilet buiten die toilet in die badarea. Daar is dus 2 toilette in die eenheid.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunte so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is ook 'n DVD-speler en gemaklike sitplek. Die sitkamer bied toegang tot die houtdek met braaigeriewe en 'n piekniekbankie.

Gaste kan in die gemeenskaplike swembad in die kompleks swem of doendinge soos haaihokduik, skeepswrakduik, bootritte, township-toere, rekspring en vryval in die area geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by St Ellen Grootbrak sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Ellen Grootbrak gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za