Staandakkie Guest Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Soutpansvlakte, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Staandakkie Gastekothuis is 'n bekoorlike, ouwêreldse selfsorgkothuis met sonkrag op 'n plaas, net 15 km van Bredasdorp af (sowat 8 km hiervan is 'n grondpad wat geskik is vir 'n klein voertuig). Die kothuis is afsonderlik van die plaashuis, maar is naby genoeg indien gaste met die vriendelike gasheer wil gesels.
Hierdie verblyf maak tydens beurtkrag van sonkrag gebruik.
Dié kothuis bied verblyf vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 en suite-badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. 'n TV, verwarmer en radio word voorsien. Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, yskassie, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word aan die begin voorsien.
Daar is ook 'n braai-area met stoepmeubels. 'n Braairooster en hout word voorsien. Let asb. daarop dat die eienaars 2 Labradors en 'n Skaaphond op die perseel het.
Staandakkie Gastekothuis word deur die plaas se pragtige landskap omring en is net 2 km van die historiese melkhoutboom op Rhenosterfontein-plaas. Bring gerus ook jou fiets saam. Die voëllewe is volop.
Die kothuis is 35 km vanaf Arniston en die naaste strand, en 55 km vanaf die Suidelikste punt van Afrika. Die De Hoop Natuurreservaat is 43 km ver.
Slaapplek
’n Bespreking by Staandakkie Guest Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Vicki Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Jaar gelys 7
Ligging
- Soutpansvlakte, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Staandakkie Guest Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Bredasdorp Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Soutpansvlakte, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom