LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Stadlers Milkwood | LekkeSlaap
+24

Stadlers Milkwood

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Bo en behalwe die tariewe in die tabel hieronder, hef die instansie ook 'n eenmalige R 395 administrasiefooi en R 800 skoonmaakfooi per bespreking.

Prys sluit in
Stadlers Milkwood
- Self-catering only.
Belasting en Ekstras

Inklok-/uitkloktye en ekstra kostes:
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R4000 word vereis.
- Inkloktyd is teen 14:00 op die inklokdatum en die uitkloktyd is teen 10:00 op die uitklokdatum (besprekingsperiode). Indien gaste vroeër wil inklok (voor 14:00) of later wil uitklok (na 10:00), is dit onderhewig aan beskikbaarheid.
- Indien jy jou inklok-/of uitkloktyd wil bevestig as dit buite die gegewe tye val, is daar 'n ekstra koste van 50% van 1 nag se verblyf vooraf betaalbaar.
- Aanwysings en instruksies sal apart voorsien word vir die inklok- en uitklokprosedure. Indien gaste na 18:00 of voor 08:00 arriveer, sal 'n ekstra R350 in kontant gehef word as 'n inklokfooi in die na-ure.
- 'n Vrywaringsfooi/besprekingsvorm sal na die bevestiging van die bespreking gestuur word wat voltooi en teruggestuur moet word.

Reëls:

- Tensy anders ooreengekom voor die bespreking bevestig is, mag die perseel slegs as 'n private vakansie-eenheid verhuur word en nie gebruik word vir enige fotografiese/filmwerk of as 'n venue vir 'n funksie, troue, partytjie of geleentheid nie en geen ander gaste mag op die perseel slaap as dié waarvan CapeHolidays kennis dra nie.
- As CapeHolidays bewys raak daarvan dat enige ongemagtigde gaste op die perseel bly, hou hy hom die reg voor om te eis dat hierdie stand van sake onmiddellik stopgesit word en/of om die bespreking te kanselleer en/of om die gaste te vra om die perseel te verlaat. - Onder hierdie omstandighede mag CapeHolidays ook 'n ekstra fooi hef vir die ongematigde gaste/funksie. Hierdie fooi sal op redelike wys bereken word en is onderhewig aan die diskressie van CapeHolidays en die aard van die funksie. As moontlik sal die bedrag van die sekuriteitsdeposito verhaal word.
- Gaste mag slegs op die beddens wat voorsien is slaap, alhoewel slaapbanke waar van toepassing deur kinders onder 16 jaar gebruik word indien dit vooraf gereël word. - CapeHolidays mag die gaste vra om die perseel te verlaat indien die voorwaardes wat in hierdie reëls uiteengesit is oortree word. - Boonop mag die instansie ook 'n pro-rata-tarief hef in die geval dat gaste buiten dié op die besprekingsvorm op die perseel bly of slaap. - Hierdie regte sal toegepas en/of afgedwing word op die instansie se diskressie.
- Geen troeteldiere word op die perseel toegelaat nie tensy dit deur CapeHolidays gestipuleer word.

- Geen raserige partytjies van enige aard mag by enige van ons huise gehou word nie. - Geen geraas (of musiek van enige aard wat deur die bure gehoor kan word) word toegelaat tussen 22:00 en 08:00 in die week en tussen 09:00 en 23:00 gedurende naweke nie. - Geen getoet of geskree in die straat word enige tyd (dag of nag) toegelaat nie.
- Indien gaste nie by hierdie reëls hou nie, sal die volgende gebeur: 'n R500-boete vir elke keer wat ons uitgeroep word na die huis om jou stil te maak of as ons 'n klagte van die bure kry dat daar uitermatige geraas is. - Sou dit onder ons aandag gebring word dat daar 'n raserige partytjie gehou word, hou ons die reg voor om gaste onmiddellik uit te sit sonder terugbetaling van die gelde wat reeds ontvang is, insluitend die breekskadedeposito. Sou ons nie gaste onmiddellik kan uitsit nie, sal die eienaar of bestuurder die reg hê om privaat sekuriteitswagte te kry om te verseker dat die geraasvlak laag bly en dat daar aan ons reëls voldoen word. Die koste hiervoor sal op gaste se rekening gesit word. Uitsetting sal dan teen die volgende dag plaasvind.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19-waarborg: Ons sal altyd ’n 100%-terugbetaling gee indien reisbeperkings weens Covid-19 jou bespreking affekteer. Lees meer

Indien jy die bespreking wil kanselleer moet die persoon wat die bespreking gemaak het dit doen deur die instansie skriftelik via e-pos te laat weet. Die kennisgewing sal slegs geld vanaf die dag wat dit deur die instansie ontvang is, naamlik die kansellasiedatum.

- Kansellasie meer as 3 maande voor die inklokdatum: 10% van die totale verblyftarief word gehef.
- Kansellasie 90 tot 60 dae voor die inklokdatum: 25% van die totale verblyftarief word gehef.
- Kansellasie 60 tot 30 dae voor die inklokdatum: 50% van die totale verblyftarief word gehef.
- Kansellasie minder as 30 dae voor die inklokdatum: 100% van die totale verblyftarief word gehef.
- Terugbetalings en die laat vaar van hierdie kansellasiebeleid word oorgelaat aan die diskressie van die bestuur en hang af van ons vermoë om die perseel te herverhuur vir daardie datums.
- Alle gaste word aangeraai om reisversekering uit te neem.

Vanaf R5 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R5 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R5 950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dreyerweg 19, Kommetjie, Kaapstad, 7976, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE5ZTUwNDNjLWQ2MmMtNDAzYi1iNDU2LTU5Y2Q5ZGRhYmU5Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 950  per nag (plek vir 6) 19 Dreyer Road Kommetjie 7976 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.1420702 18.3264843
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!