Stilbaai Vakansie

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Dié selfsorg-vakansiehuis is in die bekoorlike kusdorpie Stilbaai geleë. Die huis bied pragtige uitsigte oor die Goukourivier waar gaste verskeie waterdoendinge kan geniet. Lappiesbaai-strand is net 1,8 km ver en Skulpiesbaai is 3 km ver.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer is elkeen ingerig met 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer is 'n instap-slaapkamer met 1 enkelbed. In die leefarea is daar 2 divan-beddens en 1 driekwart-slaapbank. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad en stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n gemaklike sitkamer-area met rusbanke en 'n slaaparea met 2 divan-beddens en 1 driekwart-slaapbank. Langs die sitkamer-area is daar 'n eetarea met 'n etenstafel en sitplek vir 8 gaste. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, broodrooster, breekware, eetgerei, en 'n wasmasjien. Daar is 'n veranda voor en agter die huis.

Let asseblief daarop dat daar 'n motorhuis en 'n aparte woonstel op die perseel is en slegs vir die privaatgebruik van die eienaars is.

Slaapplek

'n Bespreking by Stilbaai Vakansie sluit in:

3 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stilbaai Vakansie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 R1 275 per nag (plek vir 8)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za