Strand Tuinwoonstel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Strand Tuinwoonstel is 'n gerieflike oopplan-woonstel met slaapplek vir 2 gaste. Dié woonstel is in Strand geleë.

Die woonstel het 'n koningrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Let daarop dat die woonstel nét slaapplek vir 2 gaste het, hetsy 2 volwassenes, of 'n volwassene en 'n kind.

Die kombuis is toegerus met 'n klein tweeplaatstoof en 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n broodrooster, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid het ook 'n eetarea met sitplek vir 2, 'n TV met DStv, en lugversorging.

Daar is braaigeriewe voor die woonstel en gemeenskaplike braaigeriewe in die tuin. Parkeerplek is beskikbaar agter 'n hek wat met 'n afstandbeheer werk.

Strand Tuinwoonstel is 1 km van die strand af, en is ideaal vir gaste wat wil swem, branderplankry en visvang. Gaste kan die verskillende wynplase in die omgewing besoek, asook die Strandboeremark en Strand Waterworld geniet. Daar is talle besienswaardighede in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Strand Tuinwoonstel sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Strand Tuinwoonstel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R545 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za