Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Struisbaai Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 166, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 045 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Struisbaai Apartments is in Struisbaai geleë en bied verblyf in 2 selfsorg-eenhede wat tussen 2 en 4 gaste kan akkommodeer. Dit is ideaal vir 'n paartjie of gesinne.

Die knus Quando-eenheid op die grondverdieping het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n slaaparea en 'n leefarea, 'n TV met DStv-kanale en 'n kombuisie. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n induksiestoof, mikrogolfoond, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die eenheid lei na 'n stoep met buitemeubels, braaigeriewe en 'n uitsig oor die see en omgewing.

Die RegSuid-eenheid op die eerste verdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die oopplan-leefarea het 'n TV met DStv-kanale, 'n etenstafel en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Albei slaapkamers het koningingrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Privaat buitebraaigeriewe word voorsien.

Struisbaai Apartments gebruik sonkrag en bied onbeperkte WiFi en parkeerplek op die perseel. Struisbaai bied aktiwiteite soos visvang en sweefski, en gaste kan tussen Julie en Augustus Parrie, die inwonende pylstert in die hawe, of die walvisse dophou.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 4 resensies vir Struisbaai Apartments
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Suzanne Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 4

Maande gelys 8

Ligging

  • Ocean View-rylaan 166, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Struisbaai Apartments het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 045
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 045
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 166, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfdb1a3f19affe372ea9084a3fffe0eea1fb4ee6c9078d23e173e0f66eb84e9ca778650f1aae7450aeaf43e279274b7847cec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 045 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 166 Ocean View Drive Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.812536489977 20.033731002447
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem