Sudden Comfort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sudden Comfort Bed and Breakfast is 'n lieflike huis in 'n Victoriaanse styl wat geleë is in die hartjie van Prins Albert. Hier kan gaste lekker ontspan in die pragtige kamers, hulle kan die middag in die dorp deurbring of langs die verfrissende swembad lê. Ons is stapafstand van al die restaurante en noemenswaardige plekke af. Veilige parkeerplek word voorsien.

Die B&B beskik oor 5 kamers. Al die kamers is prentjiemooi ingerig met 'n tikkie kleur wat die vars linne en handdoeke mooi beklemtoon. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n wasbak en toilet. Die sitkamers bo en onder het albei toegang tot DStv. Die hoofslaapkamer onder het sy eie sonnige sitkamer met DStv. Geriewe in die kamer sluit lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe met vars beskuit in. Kluise en elektriese komberse is ook beskikbaar.

Ontbyt word ingesluit by jou verblyf. Ontbyt word bedien in die onderste eetarea, daar is 'n pragtige kombuis met 'n groot kaggel. Gaste is welkom om op die patio te ontspan of langs die heerlik verfrissende swembad. Die gasvrye eienaars sal graag hul kennis oor die plaaslike area en sy besienswaardighede met gaste deel.

Gaste kan 'n begeleide geskiedkundige stappie deur die dorp geniet of langs die "koppie trail" gaan stap waar ongeveer 100 verskillende plantspesies gesien kan word. Gaste sal ook die fossieljag, sterrekyk, die trekkerpad na die olyfplaas en besoeke aan die Fransie Pienaar Museum geniet. Oudtshoorn, die Kangogrotte en die Karoo Nasionale Park is elk net omtrent 'n uur se ry weg.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sudden Comfort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 020 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false