Voëlklip Akkommodasie by Sunset Voëlklip | LekkeSlaap
+22
+22

Sunset Voëlklip

  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9de Straat 166, Voëlklip , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sunset Voëlklip is in die Voëlklip-area in Hermanus geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dubbelverdieping-vakansiehuis met 'n ongekunstelde strand atmosfeer wat slaapplek vir 10 gaste het en stapafstand vanaf Grottobaai se Blouvlagstrand is.

Dié perseel het slaapplek vir 8 gaste in die huis en nog 2 gaste in die motorhuiskamer. Die eerste en tweede slaapkamers het dubbelbeddens, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. Die laaste slaapkamer het ook 2 enkelbeddens. 'n Ekstra uittrek-enkelbed vir 'n jonger tiende gas word voorsien.

Daar is 2 badkamers op die onderste vloer. Die eerste badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die motorhuiskamer se badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en volledig toegeruste kombuis wat selfs 'n skottelgoedwasser het. In die sitkamer is daar gemaklike sitplek en 'n TV met plaaslike kanale (SABC 1, 2, 3 en e-TV). Gaste moet asseblief hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring om DStv-kanale te kan kyk. Die TV is nie 'n nuwe model nie.

Daar is ook 'n plonspoel wat gaste op warm somersdae kan benut. Daar is braaigeriewe buite langs die swembad en draagbare gasbraaigeriewe op die dek, reg langs die sitarea, met 'n pragtige uitsig oor Voëlklip se strand.

Let asb. dat die binneste gasverwarmers nie werk nie. Oilieverwarmers is beskikbaar in die winter.

Die huis het 'n alarmstelsel. Daar is verskeie sport- en strandtoerusting in die motorhuis wat gaste kan benut. Kyk asb. mooi na die toerusting en pak dit weer netjies weg in die motorhuis. Gebruik dit asb. verantwoordelik.

'n Klein hondjie word toegelaat indien vooraf gereël. Daar is 'n klein omheinde agtertuin.

Slaapplek

’n Bespreking by Sunset Voëlklip sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Enkelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xEnkelslaapbank
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 14 resensies vir Sunset Voëlklip
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • 9de Straat 166, Voëlklip , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sunset Voëlklip het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9de Straat 166, Voëlklip , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUPp4arXwkyh25P4M2qnDmo0sYIol99b00O8SXc4IWcJhtoYbo3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 900  per nag (plek vir 10) 14 5 1 5 166 9th Street Voëlklip 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.409763 19.285263
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za