LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Swartvlei Equestrian Estate | LekkeSlaap
+25

Swartvlei Equestrian Estate

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 1, Hoogekraal-plaas 162, Wolwerivier, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Swartvlei Equestrian Estate is 'n gasteplaas met lieflike selfsorg-kothuise en 'n herehuis.

Dié landgoed het 5 lieflike kothuise te kies en te keur. Daar is 3 kothuise, elk met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Elke kothuis het 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n bad. Al die kothuise het volledig toegeruste kombuisies met ketels, mikrogolfoonde, yskaste, broodroosters, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n Weber by elke kothuis. Platskerm-TV's met satelliet-kanale en WiFi is ook beskikbaar.

Die herehuis het 3 slaapkamers en 2 en suite-badkamers. Dit is ideaal vir 'n gesin. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, platskerm-TV met satelliet-kanale en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Een van die ander kamers is toegerus met 3 driekwartbeddens en die ander 1 het 2 enkelbeddens. Die huis het 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n ketel, mikrogolfoond, stoof, gasoond, yskas, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien en broodmasjien. Gaste kan maaltye geniet in een van die twee eetkamers. Die TV-kamer is gemeubileer met 2 slaapbanke en dit sitkamer het 'n gesellige kaggel.

Etes is beskikbaar vir die herehuis en vir die kothuise. Die swembad-area is toegerus met yskaste en braaigeriewe. Gaste kan gebruik maak van die tennisbaan en die buiteklub is toegerus met 'n kroeg, pooltafel, sokkertafel en veerpyltjiebord. 'n Ten volle toegeruste konferensiekamer is ook beskikbaar, doen asseblief navrae vir verdere inligting.

Swartvlei Equestrian Estate bied doendinge soos perdry, kanovaart, rotsklim, abseil en voëlkyk.

Let asseblief daarop dat 'n grondpad na die eenheid lei.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 21 resensies vir Swartvlei Equestrian Estate
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Erfdeel 1, Hoogekraal-plaas 162, Wolwerivier, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Swartvlei Equestrian Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 1, Hoogekraal-plaas 162, Wolwerivier, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA1MjQxMDQ0LWY0ZWQtNDE0My05YjJjLTNjOTdmYjUzN2YxMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 21 5 1 5 Portion1 Farm Hoogekraal Nr 162 Wolwerivier 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.975916 22.722762
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!