Swinford Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Swinford Manor is in Wildernis geleë. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige dubbelverdieping-chalet met 3 slaapkamers. Vanaf die balkon en dek bied dié chalet 'n pragtige uitsig oor die Touwrivier.

Die chalet is smaakvol gemeubileer en het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers op die boonste verdieping en 1 badkamer op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer (Aloe) het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer (Strelitzia) het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer (Succulent) het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n ekstra dubbelbed-futon in die sitkamer. Elke slaapkamer het genoeg kasruimte. Die badkamer op die boonste verdieping het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die badkamer op die onderste verdieping het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.

Ons kan ook 'n bababedjie met beddegoed voorsien. Die kragproppe het beveiliging vir kindertjies, en daar is heelwat boeke om te lees en bordspeletjies vir reënerige dae!

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, handmenger, eetgerei en breekware. Koffie- en teemaakgeriewe is beskikbaar. Daar is 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea, en onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die TV het Netflix en YouTube. Jy kan ook jou registrasiekode saambring vir DStv-toegang.

Daar is 'n groot dek op die onderste verdieping met 'n sambreel, tafel en sitplek vir 6. Buite is daar 'n privaat braai, 'n gemeenskaplike swembad en area waar kinders kan speel. Die Aloe-kamer het 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die rivier.

Daar is 'n klein boothelling en kano by die rivier, en 2 reddingsbaadjies word voorsien. Daar is parkeerplek naby die huis en ekstra parkeerplek vir besoekers. Die chalet is naby die Wildernis Natuurreservaat en skilderagtige Kingfisher-staproetes (die Blouvisvanger- en Bruinvisvanger-roete). Dit is sowat 5 minute vanaf Wildernis se strand.

Op Saterdae is daar markies by George en Sedgefield waar jy kan rondsnuffel vir klere, ornamente, tuisgemaakte konfyt, kase en ander lekkernye. Wildernis bied ook perdryroetes, hangsweef, vlieërbranderry en kloofklim. Daar is 'n 18 putjie-gholfbaan in George, sowat 16 km hiervandaan.

Sluit die dag af met 'n skemerkelkie en braai, of vaar in die skemer met 'n kano op die Touwrivier.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swinford Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za