Sybille Self-Catering Accommodation
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sybillestraat 14, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sybille Self-Catering Accommodation is in die hartjie van die bekoorlike kusdorpie Lambertsbaai geleë wat net 'n uur en 'n half se ry vanaf Kaapstad is. Die ruwe Weskus en die golwende branders wat op Lambertsbaai se spierwit strande breek, het as inspirasie gedien vir dié instansie.
Verblyf word aangebied in 5 eenhede. Elke eenheid het braaigeriewe, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n verwarmer en 'n waaier.
'n Heerlike ontbyt word in die sonnige eetkamer bedien, dit kan op versoek gereël word. Let asb. daarop dat gaste hul eie braaitoerusting moet saambring.
Ontspan in die sitkamer of geniet ons pragtige tuin waar jy die branders op die strand kan hoor breek en die seelug kan ruik. Doendinge in die omgewing sluit vierwielmotorfiets-roetes, diepseevisvang, 4X4-roetes, 'n gholfbaan en jy kan ook op Lambertsbaai se ongerepte strande gaan stap.
Vanaf Augustus tot en met November is dit blomseisoen. In dié tydperk bied die natuur 'n onverbeterlike skouspel aan en Lambertsbaai word in kleur getooi. Dít is beslis 'n gesig wat elkeen onder oë moet kry.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Lisa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 59
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Sybillestraat 14, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Sybille Self-Catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sybillestraat 14, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap