Syringa Tree Kothuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Syringa Tree Cottage, geleë in 'n stil, blaarryke distrik aan die oostekant van Knysna, is die ideale vakansiebestemming vir klein gesinne of paartjies. Die unieke ligging onder 'n manjifieke Syringaboom, bied skaduwee en privaatheid en 'n gesellige boomhuis-gevoel.

Die kothuis is smaakvol versier en is lig en lugtig met 'n aantreklik-gemeubileerde balkon op die eerste verdieping, 'n pragtige binnehof-styl stoep, braai en veilige parkering met hek.

Ons lieflike dubbel verdieping kothuis is selfsorg en ten volle toegerus vir u optimale gerief en genot.

Die kothuis het twee slaapkamers onder wat een aangrensende badkamer deel, met 'n bad en stort. Die hoofslaapkamer het 'n koninginsgrootte bed met deure wat oopmaak op 'n private stoep. Die ander slaapkamer het 'n 3/4- en enkelbed. Beide slaapkamers het dakwaaiers en verhittingspanele en al die beddens het elektriese komberse vir die winter.

Op die boonste verdieping is 'n oopplan sitkamer en kombuis wat oopmaak op 'n pragtige dek tussen die Syringa- en ander bome. Die dek het gemaklike meubels en 'n braai vir kuier na 'n dag deurgebring op die strand, in 'n toerbus of op die gholfbaan.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, stoofplaat en alle ander kombuis toerusting. TV met al die basiese kanale, volle DStv op versoek teen 'n klein addisionele koste. Ook 'n DVD speler en hoëtroustel, dakwaaier en verhittingspanele.

Die kothuis is privaat met eie parkering en naby aan die Waterfront, restaurante en inkopiesentrums, binne 3km.

Daar is gholfbane naby en 10% afslag beskikbaar op 18 putjies by een van die bane. Lieflike staproetes, fietsry roetes en vele ander aktiwiteite in die nabye omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Syringa Tree Kothuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Syringa Tree Kothuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 354 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za