Dinokeng Akkommodasie by Tamboti Bush Lodge | LekkeSlaap
+30

Tamboti Bush Lodge

10 resensies
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 95, Tamboti-weg, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, Dinokeng Wildreservaat, Pretoria, 0040, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tamboti Bush Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat, net noord van Pretoria geleë. Dit is ook die enigste Groot 5-wildreservaat in Gauteng. Die lodge is versteek in 'n boord van Tambotibome, waarvan baie reeds gemerk is. Gaste kan meer as 80 inheemse bome hier identifiseer en meer as 200 voëlspesies kan rondom die lodge en in die veld gesien word.

Verblyf word aangebied in 6 lieflike en suite-kamers, 2 pragtige houthuisies wat uitkyk oor die dam en 'n safari-tent in die bome. Die omgewing is baie stil en rustig met lieflike grasperke en baie skadubome. Ons het 'n à la carte-restaurant wat heerlike bosveldkos bedien en beman word deur vriendelike en goed opgeleide personeel. Die rustige teetuin is ook 'n welkome lafenis. Gaste kan ook lekker afkoel in die swembad wanneer die snikhete somer van die bosveld sy tol eis.

Die bosveld bied baie om te doen so niemand sal ooit verveeld wees nie. Hier kan gaste visvang en voëlkyk en hier is ook wildritte, selfry-wildritgeleenthede en mikroligte vliegtuig-safari's beskikbaar. Op 'n wildrit sal jy baie diere te siene kry soos die renoster, olifant, luiperd, buffel, kameelperd, eland, koedoe, gemsbok, wildebees, sebra, rooibok, rooihartebees, basterhartbees, waterbok, njala, bobbejaan, blouapie, rooikat en vlakvark.

Tamboti staan ook bekend vir die meer buitengewone diere wat hier woon, soos die wit-silwerrugjakkals, en wat jy dalk selfs kan raaksien op 'n wildrit. Die lodge is vry van malaria en slegs 110 km van Johannesburg af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 10 resensies vir Tamboti Bush Lodge
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Plot 95, Tamboti-weg, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, Dinokeng Wildreservaat, Pretoria, 0040, Gauteng
  • Gaste dink Tamboti Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Dinokeng Gauteng
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 95, Tamboti-weg, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, Dinokeng Wildreservaat, Pretoria, 0040, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMxOTNjMWJlLTJlOGMtNDFkZS05MmFiLTk5ODAyODg2ZTYzMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 Plot 95 Tamboti Road Klipdrift 90JR Hammanskraal, Dinokeng Game Reserve 0040 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.381211175841 28.344859199736
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za