Thaba Lapeng Mountain Escape
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 1 Aug 2024.
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thaba Lapeng Mountain Escape, R711, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R990R792 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Thaba Lapeng Mountain Escape beteken "tuiste teen die berg" en bied gerieflike selfsorgverblyf, met 'n manjifieke, panoramiese uitsig op die bergreekse rondom Clarens en omgewing.
Thaba Lapeng is net 10 km vanaf Clarens in die oostelike Vrystaat op Roete R711 in die rigting van Fouriesburg, net voor Surrender Hill. Dit is net 3 ure se ry van Johannesburg, 4 ure van Durban en 2 ure van Bloemfontein af. Dit is die ideale oornagplek wanneer jy Clarens en die Oos-Vrystaat besoek om te ontspan, of op pad is na Lesotho, of as jy 'n troue by een van die verskeie venues naby bywoon.
Thaba Lapeng bied verblyf in 3 oopplan-chalets met selfsorggeriewe langs die hoofhuis en 2 kamers in die hoofhuis wat basiese verblyf bied. Dié 2 kamers is deel van die hoofhuis, maar beskik oor hul eie privaat ingange op die stoep.
Die selfsorg-chalets het elkeen 'n oopplan-uitleg met 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer, sitkamer en slaapkamer. Daar is ook 'n en-suite badkamer met 'n bad, wasbak, stort en 'n toilet. Elke chalet het sy eie ingeboude braaigeriewe op sy eie stoep. Linne en handdoeke word voorsien. Skoonmaakdienste kan op versoek voorsien word teen 'n fooi, uitgesluit Sondae en openbare vakansiedae.
Die 2 kamers is toegerus met ‘n mikrogolfoond en ‘n koffiestasie met koffie, tee, beskuit, melk en suiker wat daagliks aangevul word. Daar is ook 'n yskas in die Suikerbekkie-kamer. Linne en handdoeke word voorsien. Elke kamer het 'n en-suite badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kamers is nie toegerus vir selfsorg nie en daar is ook nie toegewyde braaigeriewe vir die kamers nie. Eetgerei en breekware word egter voorsien en elke dag omgeruil.
Al die chalets en kamers het verwarmers en elektriese komberse vir koue winternagte.
'n Kragopwekker is vir beurtkrag beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 135
Jare op LekkeSlaap 8
Ligging
- Thaba Lapeng Mountain Escape, R711, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Thaba Lapeng Mountain Escape het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thaba Lapeng Mountain Escape, R711, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom