The 14th at LCE
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsanck-keeromstraat 1172, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 280 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The 14th at LCE is 'n pragtige selfsorg-vakansiehuis op die Langebaan Country Estate. Dit is ideaal vir 'n wegbreek saam met familie en vriende aan die Weskus aangesien die huis met 'n lieflike swembad spog en die landgoed baie geriewe en aktiwiteite bied. Die huis het 'n klein omsetter.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en dié gaste deel die tweede badkamer wat ook 'n bad en 'n stort het. Gehaltelinne word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met sitplek vir 8 toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien in die opwaskamer. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die kuier-area langsaan het 'n etenstafel vir 8 en 'n ingeboude braai. Die stapeldeure lei na 'n ruim buite-area met 'n swembad en 'n versonke boma met 'n vuurput.
Slaapplek
’n Bespreking by The 14th at LCE sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Andriette Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 8
Jaar gelys 3
Ligging
- Vogelsanck-keeromstraat 1172, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink The 14th at LCE het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsanck-keeromstraat 1172, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom