The Beach House @ Bream Gulley
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 3913, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Beach House @ Bream Gulley is 'n selfsorghuis in Marina Beach. Die Blouvlag-hoofstrand is net 'n kort entjie se stap ver en spog met getypoele en lewensredders wat 24 uur per dag aan diens is.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste en spog met hoë plafonne, wit dakbalke en 'n groot stoep watdie gevoel van 'n Koloniale plantasie-huis skep. Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n aantrekkamer en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed vir 'n volwassene. Dié 2 slaapkamers deel 'n tweede badkamer met 'n stort.
Die moderne oopplan-kombuis is uitsonderlik goed toegerus en sluit 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser in. Die ruim, lig en lugtige leefarea het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring. Die leefarea het 'n DVD-speler, opsionele WiFi, elektriese plafonwaaiers en staanwaaiers. Lyfplanke, 'n bababed en 'n eetstoeltjie is beskikbaar.
Die huis het 'n groot stoep wat teen die wind en reën beskut is en beskik oor 'n etenstafel met sitplek vir 8, ingeboude braaigeriewe, 'n dagbed en 'n rusbank. Daar is 'n buitestort waar gaste ná 'n dag op die strand kan afspoel. Die huis het geslote tuinhekkies en 'n sekuriteitswag in die aand. Daar is 2 toesluitmotorhuise.
Die huis is uniek en spog met die strand so te sê op sy voorstoep. Dit is gedeeltelik deur natuurlike subtropiese kuswoude omring. Kom ontspan op die stoep en hou die dolfyne en walvisse in die water dop, of die klein bokkies en ander gediertes in die woud dop.
Slaapplek
’n Bespreking by The Beach House @ Bream Gulley sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Spa-behandelinge
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Nagportier
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Vlaams
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Ligging
- Kusweg 21, Marina Beach, 3913, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Marina Beach Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 3913, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom