LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The River Shack | LekkeSlaap
+20

The River Shack

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moquini Privaat Kusreservaat, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 250 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

The River Shack is 'n afgeleë stukkie hemel op aarde wat in 'n natuurreservaat aan die oewer van die Blinderivier geleë is. Hierdie rustieke vakansiehuis is die perfekte wegbreekplek vir gaste wat hou van absolute privaatheid, die natuur en die see. Die verblyf is reg langs die rivier met asemrowende uitsigte, dis die perfekte wegbreekplek waar jy kan ontspan en een met die natuur kan wees.

Die smaakvol gemeubileerde huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n oopplan-uitleg en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die ander 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Hierdie slaapkamers deel 'n tweede badkamer wat 'n stort het.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n toonbank met stoeltjies. Vir die koue aande is daar 'n kaggel binne wat perfek is saam met 'n heerlike maaltyd en 'n glas wyn.

Die balkon is nét die plek om asemrowende uitsigte oor die rivier, die duine en die ongerepte strande wat vir myle voor jou uitstrek, te geniet. Die braaidek is weer perfek om saam met jou gesin en vriende te kuier. Daar is trappe reg langs die braaidek wat jou tot by die rivier sal neem. Gaste kan op die lieflike grasperke ontspan en kyk hoe die kinders speel, of jy kan die roeiski vat en die water gaan verken. Net 'n paar meter vanaf The River Shack is daar 'n pragtige plankpaadjie wat na die strand lei.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 18 resensies vir The River Shack
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Moquini Privaat Kusreservaat, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink The River Shack het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 250
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 250
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moquini Privaat Kusreservaat, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVmYTAxOWVlLWE0ZTgtNDA4My04ODBjLTA4ODM5MWYzMzFhNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250  per nag (vir 8 persone) 18 5 1 5 Moquini Private Coastal Reserve Dana Bay 6510 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -34.2077 22.0112
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!