LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Riverstone House | LekkeSlaap
+59

The Riverstone House

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmietvlei Plaas, Langs die R43, Romansriver, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Riverstone House bied 'n plattelandse selfsorg-wegbreek in 'n rustige area buite Wolseley. Die verblyf is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gesinswegbreek op 'n werkende plaas, 'n spesiale plek vir 'n bruid om voor te berei of 'n wittebroodbestemming. Die plaas is naby bekroonde wynlandgoedere en is tussen die Breedekloof, Slanghoek, Wolseley en Tulbagh se wynroetes geleë.

Verblyf is beskikbaar in die eksklusiewe The Riverstone Huis, die FamTin en die CouplesPod. The Riverstone Huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 klein kinders en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kuierarea, -sitarea en -kombuis. Beide die onderdakstoepe bied lieflike uitsigte waar gaste die sonsopkoms en sonsondergang kan dophou. Die geluide van die Breederivier en die voëllewe dien as agtergrondmusiek.

Die FamTin is 'n moderne eenheid wat uit 2 vragskiphouers bestaan wat in 'n eenheid met slaapplek vir 4 omskep is en op die rand van die plaasdam geleë is. Hierdie eenheid is troeteldier-vriendelik en het gratis WiFi. Die FamTin beskik oor 2 en suite-slaapkamers, elk met sy eie vleuel van die eenheid, met 'n binne- en buite-eetarea, 'n onderdakstoep en ingeboude braaigeriewe.

Die CouplesPod is ook by die plaasdam. Dit is 'n dubbelvragskiphouer met 'n onderdakstoep, ingeboude braaigeriewe en 'n houtvuurstofie binne. Daar is 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer, sitarea, eetarea en 'n ten volle toegeruste kombuis.

Wanneer dit te warm raak, kan gaste lekker in die rivier gaan swem. Die Breederivier het ongelukkig nie 'n sterk stroom gedurende die somerseisoen nie weens die droogte.

Die verblyf is 26 km vanaf Tulbagh, 16 km vanaf Ceres en 9 km vanaf Wolseley wat dit ideaal maak om buitelug-aktiwiteite in die Witzenbergvallei te geniet. Wandel langs die plaaspaaie, besoek die ramme en perde in die veld langsaan, of verken die bekroonde wynplase in dié vallei.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir The Riverstone House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Palmietvlei Plaas, Langs die R43, Romansriver, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Riverstone House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmietvlei Plaas, Langs die R43, Romansriver, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6dc6fbe920a6b77b9f7af4cafbf263e4a1d2d9fbf025c36d8f295e1cbb27a15de88bbfec1d7d6f4d5eb36e34ae214d38ed51?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700  per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 Palmietvlei Farm Off the R43 Romansrivier 7654 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.475802122214 19.17606858001
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem