The Tin Shack
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2024 tot 31 Aug 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vasco Da Gama-rylaan 11, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 600R1 950 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
The Tin Shack is 'n lieflike skeepsvraghouerhuisie op 'n heuwel agter die Weskusdorpie St. Helenabaai. Die huisie spog met 'n uitsig oor die dorp en die hele baai met die Sederberge in die verte.
Die huisie beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n ruim leefarea en kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, vierplaatstoof, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die groot dek het braaigeriewe, insluitend 'n houtskoolbraai en -roker, sitplek en 'n houtvuurwarmbad.
Die binnenshuise versiering is minimalisties, bied 'n nywerheidsjiek gevoel en die pragtige, skoon afwerkings rond die prentjie perfek af. Om by die eienaar se omgewingsbewustheid te pas, het elke badkamer 'n kompostoilet wat elke dag skoongemaak word. Reënwater word ook so veel moontlik opgevang en al die gryswater word in die tuin hergebruik.
Die huisie is op 'n kleinhoewe met natuurlike plantegroei, volop voëllewe, insluitend roofvoëls soos arende en valke, kleinwild soos muishonde, fisante, tarentale, skilpaaie en 'n duiker wat so nou en kom gesigwys. Dit is die ideale plek om van tegnologie te ontsnap, 'n boek te lees of in die warmbad te ontspan en die uitsig te bewonder. In die regte seisoen, en met 'n verkyker byderhand, sal gaste ook walvisse en dolfyne in die baai kan sien.
St. Helenabaai is naby en die strande is elk 5 tot 15 km ver. Die heuwel is nogal steil en om na die dorp te stap word dus nie aanbeveel nie. Stap en fietsry as aktiwiteit word egter aanbeveel. St. Helenabaai het kruidenierswarewinkels, 'n vulstasie, restaurante en kroeë. Die naaste ander dorp is Vredenburg wat sowat 28 km ver is en hiér sal gaste die Weskus Mall en die meeste ander winkels aantref.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Vasco Da Gama-rylaan 11, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink The Tin Shack het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Britannica Heights St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vasco Da Gama-rylaan 11, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap