The Wilderness Hotel
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 446 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg 6, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 560R1 248 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Wilderness Hotel is in die kusdorpie Wildernis, halfpad tussen George en Knysna op die Tuinroete geleë. Dié dorpie is uiters bekend vir sy strandmere, lang wit strande en uitkykpunte teen die berg waar jy die walvisse en dolfyne kan dophou. Die hotel bied 'n wye verskeidenheid geriewe, ideaal vir sakereisigers, paartjies, gesinne of kleiner groepe.
Ons het 150 slaapkamers, elkeen smaakvol en gerieflik gemeubileer. Elkeen van die kamers is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en lugversorging.
Daar is ook 'n verskeidenheid doendinge op die perseel, waaronder 'n skoonheidsalon, 2 swembaddens, 'n rolbalbaan, 2 tennisbane, 'n muurbalbaan, putt-putt, braai-areas, onbeperkte WiFi en veilige parkeerplek. Daar is ook 6 banketsale en konferensielokale asook 'n trou-venue. Ons restaurant bedien daagliks 'n heerlike buffet-ontbyt en middagete en aandete is ook beskikbaar. Die grootste saal kan tot 300 afgevaardigdes in 'n teater-styl akkommodeer.
Daar is hope doendinge in die omgewing waaronder perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, begeleide staptoere, bergklim, swem en tennis. Die hotel is net sowat 45 minute se ry vanaf Mosselbaai en Knysna af en minder as 'n uur van Oudtshoorn af.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Annalize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 167
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- George-weg 6, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink The Wilderness Hotel het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 446 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg 6, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom