LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Thokozani Lodge | LekkeSlaap
+59

Thokozani Lodge

17 resensies
Gastehuis
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Feb 2021 tot 29 Apr 2021.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Jatingaweg 103, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 1
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Thokozani Lodge is 'n klein, plattelandse, grasdak-gastehuis wat bekoorlike verblyf in 'n subtropiese tuin met yslike bome en palms bied. Die gastehuis bied ook 'n aangename, privaat familie-atmosfeer en is in die hartjie van die Laeveld, slegs 6 km van Witrivier af en net 30 minute se ry vanaf die Krugerwildtuin, geleë.

Die gastehuis bied verblyf in kamers en huisies met dubbelbeddens of 2 enkelbeddens. Al die kamers en huisies het en suite-badkamers en is met handgemaakte, ongekunstelde houtmeubels ingerig. Alle beddens het muskietnette om 'n rustige nagrus te verseker, en elke kamer het 'n aparte ingang en 'n lieflike uitsig oor die tuin. Geniet 'n ontbyt in die eetkamer of op die stoep in die tuin.

Die tuin is 'n paradys vir verskeie voëlspesies en jy kan lieflike uitsigte oor die Witrivier-vallei geniet. Koel in die swembad af of ontspan op 'n sonstoel onder 'n rietafdakkie. Jy kan ook gerus die plaas verken, of na die oewers van die Witrivier wandel. Hier kan jy jou oë oophou vir die voëls, akkedisse, muishonde, klip- en waterlikkewane, of net op die rotse lê en ontspan. Daar is verskeie speletjies beskikbaar, asook 'n biljartkamer. Geniet 'n drankie op die terras terwyl jy die sonsondergang dophou of sit langs die vuurput onder die sterre en luister na die geluide van die boskrieke of die geroep van die houtuil.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 17 resensies vir Thokozani Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Jatingaweg 103, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Thokozani Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Panoramaroete Mpumalanga
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Jatingaweg 103, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 1
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7733d886707418f5581547248bdb4bcc8c66e3181ef4d96c1cd4455ed68b5035d8916a030772c1556f8dc2d8ae74089f0a79?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 17 5 1 5 Jatinga Road 103 White River 1240 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -25.329566036531 31.064605860119
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!