Thula Thula Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % off

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Apr 2019 tot 31 Jul 2019.

Die volgende word by die tariewe ingesluit:
Hadeda - 1
Selfsorg. NDS.
Guinea Fowl - 2
Selfsorg
Francolin - 3
Selfsorg
Crown plover - 4
Selfsorg
Grey Lourie - 5
Selfsorg

Spesiale Aanbod!*

*Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Apr 2019 tot 31 Jul 2019.

Belasting en Ekstras
Sleuteldeposito:
- 'n Sleuteldeposito van R200 per eenheid/rondawel is kontant betaalbaar met aankoms. Dit sal in gaste se rekening terugbetaal word op die Maandag na die uitklokdatum.

Reëls en regulasies:
- Die sleuteldeposito is die Maandag na uitklok terugbetaalbaar.
- Troeteldiere word nie toegelaat nie, insluitend voëls soos papegaaie, parkiete en kokketiele.
- Geen vierwielmotorfietse, gholkarretjies, battery-aangedrewe bromponies of trapfietse word toegelaat nie.
- Enige probleme of navrae moet aan die bestuur gerapporteer word om ondersoek te word voor 18:00 op die inklokdag.
- Die hekke moet te alle tye toe wees.
- Slegs die aantal gaste wat bespreek het, word op die perseel toegelaat. Geen dagbesoekers word toegelaat nie.
- Neem asb. kennis: Kinders moet asb. onder ouertoesig wees by die swembad.
- Die tarief sluit nie etes in nie. Gaste moet asb. hul eie kos, toiletware en muskietweerder bring.
- Handdoeke: Let daarop dat die badhanddoeke nie vir die swembad gebruik mag word nie.
- Alle kombuise moet skoon wees op die dag wanneer gaste vertrek. Indien nie, sal R50 per kombuis van die sleuteldeposito afgetrek word.
- Die eenhede word nie oor naweke en langnaweke skoongemaak nie en word slegs op seker dae in Desember skoongemaak.
- Rook is verbode in die eenhede.
- Gaste gebruik die geriewe op eie risiko.
- Gaste parkeer op eie risiko.
- Inkloktyd: 14:00.
- Uitkloktyd: 10:00.
- Kantoorure: 8:00 tot 19:00.
- Reg van toegang voorbehou.
- Alle vure moet geblus word na gebruik.
- Geen musiek, klankstelsels of geraas word toegelaat nie. Gaste moet asb. stil wees na 22:00.
- Alkoholmisbruik word nie op die perseel toegelaat nie.
- Vuurwerke is streng verbode.
- Enige skade aan Thula Thula Lodge se eiendom, insluitend dekor, sal beboet word.
- Thula Thula Lodge sal nie aanspreeklik gehou word vir water- of kragonderbrekings nie.
- Thula Thula Lodge sal nie aanspreeklik gehou word daarvoor om gaste terug te betaal indien hulle die verblyf of funksielokaal binne 7 dae voor die inklokdatum kanselleer nie.
- Geen korting of terugbetaling sal toegestaan word indien gaste voortydig vertrek nie.
- Thula Thula Lodge sal nie aanspreeklik gehou word vir verlies of skade aan eiendom, bv. voertuie nie. Thula Thula Lodge aanvaar nie aanspreeklikheid vir verlies of skade aan enige item tydens gaste se verblyf nie.
- Gaste sal aanspreeklik gehou word vir die kostes verbonde aan Thula Thula Lodge se geboue, tuine, dekor of tafeldoeke.
- Enige oortreding van bogenoemde reëls gee aan Thula Thula Lodge die reg om die gas en sy geselskap te vra om die perseel te verlaat sonder terugbetaling.

Swembadreëls:
- Dit is 'n privaat swembad. Gehoorsaam asb. die volgende reëls.
- Daar is nie 'n lewensredder aan diens nie.
- Duik word nie toegelaat nie.
- Moet asb. nie rondom die swembad hardloop of baljaar nie.
- Dra asb. die gepaste swemklere.
- Geen kos of drank word by die swembad toegelaat nie.
- Geen glashouers of alkohol word by die swembad toegelaat nie.
- Kinders onder 18 moet te alle tye onder ouertoesig wees.
- Gebruik van swembad op eie risiko.
- Die eienaar en bestuur is nie verantwoordelik vir enige ongelukke of beserings nie.
- Swembadure: 7:00 tot 22:00.
Kansellasiebeleid: Pasgemaak
- 15 dae en meer voor die inklokdatum: verbeur 25% van volle gekwoteerde bedrag.
- 11 tot 14 dae voor die inklokdatum: verbeur 50% van die volle gewkoteerde bedrag.
- 8 tot 10 days voor die inklokdatum: verbeur 75% van die volle gekwoteerde bedrag.
- 0 tot 7 dae voor die inklokdatum: verbeur 100% van die volle gekwoteerde bedrag.

Gaste wat na Thula Thula Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 R748 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Apr 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za