Tides 4
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 90, The Tides 4, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Tides 4 is 'n lieflike selfsorgwoonstel vir 4 gaste. Dit is in Struisbaai geleë en is net 450 m van die strand af.
Dié duplekswoonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en leefarea wat lei na 'n privaat stoep. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gebruik 'n badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is op die grondverdieping en is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware, potte en panne en tee- en koffiemaakgeriewe. Maaltye kan by die toonbank of etenstafel genuttig word. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien.
Die leefarea het 'n slim-TV met toegang tot Amazon Prime en Netflix. WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe. Parkeerplek vir 'n voertuig is beskikbaar en daar is ook 'n gemeenskaplike swembad wat gaste mag gebruik. Kinders onder 12 moet asb. te alle tye onder toesig wees by die swembad.
Tides 4 is slegs 1 km vanaf verskeie winkels en restaurante. Daar is ook talle aktiwiteite in Struisbaai insluitend visvang, kajakvaart, branderplankry, vlieërbranderry en walvis- en pylstertkyk in die hawe tussen Julie en Augustus. Gaste kan ook die voetslaanroetes in die omgewing gaan verken wat die Spookdraai en Rasperpunt Voetslaanroetes insluit.
Slaapplek
’n Bespreking by Tides 4 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Adrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Jaar gelys 2
Ligging
- Proteaweg 90, The Tides 4, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Tides 4 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 90, The Tides 4, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom