Tin House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tin House is 'n bekoorlike selfsorg-gastehuis in Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap. Dit is perfek vir 'n groep of 'n klein gesin wat op soek is na gerieflike verblyf weg van die stad se gedruis af.

Daar is 3 slaapkamers, 3 badkamers en die huis is volledig toegerus met lugversorging. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n en suite-badkamer. Die ander 2 kamers is op die onderste verdieping en het elkeen 'n dubbelbed en 'n badkamer wat beskik oor 'n Victoriaanse bad met 'n handstort, wasbak en toilet.

Die oopplan-kombuis en -eetkamer is ten volle toegerus om heerlike maaltye voor te berei en beskik oor geriewe soos 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond, oorgenoeg ingeboude kaste vir eetgerei en breekware asook ander toebehore. Daar is ook 'n tafel en stoele.

Die sitkamer het netjiese sitplek en die kaggel sal jou warm hou op koue wintersaande. Tin House het ook 'n swembad waarin gaste kan afkoel en 'n onderdak-veranda in die tuin met stoepmeubels waar gaste kan ontspan. Daar is ook 'n Weber.

Veilige parkeerplek vir 1 motor is beskikbaar en ons is binne ry-afstand van verskeie doendinge af soos bergfietsry, wynlandgoedere, winkels, restaurante en 'n natuurreservaat.

Slaapplek

'n Bespreking by Tin House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tin House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false