Tolles Townhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tolles Townhouse is 'n bekoorlike dorpshuis in 'n veilige kompleks in Pretoria. Die boomryke stad het 'n hele rits natuurlike en kulturele besienswaardighede, sowel as kenmerkende ou geboue en museums wat 'n besoek werd is.

Die bekoorlike huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en daar is 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-kombuis lei na die leefarea en is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel en kooktoebehore. Die eenheid lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai en daar is 'n dubbel-motorafdak voor die huis. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad waar gaste lekker kan afkoel.

Pretoria spog met 'n hele rits doendinge, soos perdry by die Voortrekker Monument, wildkyk in die natuurreservate in die omgewing, die besoek van museums, of gholfspeel by een van die gholfbane in die omgewing. Die kompleks is naby verskeie skole en die Wilgers Hospitaal geleë.

'n Skoonmaakdiens kan teen 'n ekstra koste gereël word. Handdoeke en beddegoed word gratis elke vierde dag geruil.

Slaapplek

'n Bespreking by Tolles Townhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tolles Townhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za