LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tres' Belle | LekkeSlaap
+27

Tres' Belle

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Tres' Belle
Selfsorg Beddegoed voorsien Bring eie handdoeke Rook in die eenheid is verbode
Belasting en Ekstras

Etes en wasgoeddienste is nie by die tarief ingesluit nie.
Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.
Braaigeriewe moet vroegtydig bespreek word.

Voorwaardes van Besprekings:
1. Besprekings- of Sekuriteitsdeposito: 'n Deposito van 50% word vereis om jou bespreking te bevestig. Die volledige bedrag is betaalbaar sodra die faktuur gestuur is. Geen terugbetalings sal geld vir laat aankoms of voortydige vertrek nie. Jou besprekings- of sekuriteitsdeposito word gehef met jou bespreking. Dit sal jou bespreking bevestig tot jy inklok. Die deposito is nie deel van enige betaling vir jou bespreking nie en sal verander word in 'n sekuriteitsdeposito wanneer jy inklok. Jou sekuriteitsdeposito sal aan jou terugbetaal word binne 14 dae na jou vertrek.

2. Eiendom Sorg: Jy is verantwoordelik om die eiendom skoon en netjies te hou. Die vullis word elke Donderdag opgetel. Met vertrek moet alle ligte en lugversorgers afgeskakel word. Jy moet al die vensters toemaak en sluit en seker maak dat al die meubels in hulle oorspronklike posisies is. Jy sal verantwoordelik gehou word en telefonies in kennis gestel word vir enige skade of verlies aan die eiendom of perseel of vir enige ekstra skoonmaakdiensfooie wat nodig mag wees. Dit sal van jou sekuriteitsdeposito afgetrek word.

3. Sleutels: Gaste stem in om die sleutels binne in die huis toe te sluit of hulle sal 'n R150 verlore-sleutel boete betaal. Indien 'n gas die sleutel verloor tydens hulle verblyf sal daar 'n R50 sleutel-/afleweringsfooi wees.

4. Geriewe en Goedere: Die gastehuis is ingerig met linne, handdoeke, breekware en klein toestelle. Die items is almal gelys en word getel en afgemerk voor en na elke gaste-besoek. Indien daar enige items wegraak sal jy daarvoor moet betaal.

5. Gedrag: Gaste stem daartoe in om nie die bure te steur met harde geraas, buitemuurse musiek of onwettige of onveilige gedrag nie. Indien jy enige sulke gedrag toon sal jy gevra word om te vertrek en jy sal die res van jou betaling en deposito verbeur. Deelname in onwettige doendinge soos vandalisme, eko-vernietiging of publieke stoornis is almal rede vir uitsetting.

6. Beset: Enige hoeveelheid gaste teen enige tyd, meer as wat voor betaal is, sal geen terugbetalings kry nie en sal die deposito verbeur. Huispartytjies word nie toegelaat nie. Indien 'n huispartytjie plaasvind sal jy onmiddelik gevra word om te vertrek, sonder 'n terugbetaling en jy sal ook jou deposito verbeur.

7. Troeteldiere: Geen troeteldiere word toegelaat nie.

8. Rook: Die huis is 'n rookvrye area. Indien 'n gas buite die huis rook, is hulle verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat die sigaret ordentlik geblus is en die erf skoon is van rommel en sigaretstompies.

9. Voertuie: Die enigste voertuie wat toegelaat word op die perseel is die wat voor gereël is in die huurkontrak. Parkeerplek vir die gastehuis is voor die huis.

Vrywaring: Tres' Belle en sy eienaars, David en Christine Higgs, is nie verantwoordelik vir enige verlies, besering, dood of skade aan persone of eiendom wat op enige tyd gebeur met huurders of enige persoon wat enige tyd die geriewe of gebou gebruik, beset of besoek nie.

Algemene voorwaardes:
Reg van toegang voorbehou
Uit respek vir ons ander gaste moet geraas asseblief tot 'n absolute minimum gehou word tussen 22:00 en 07:00

Vrywaring:
Gaste wat hierdie instansie betree, doen so op eie risiko
Voertuie wat geparkeer word in die parkeerplek is op die eienaar se eie risiko
Die eienaar, sy agente of personeel sal nie verantwoordelik gehou word vir die gas se bewering oor diefstal, besering, verlies, skade of enige iets anders wat moontlik die eienaar se skuld mag wees nie.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19-waarborg: Ons sal altyd ’n 100%-terugbetaling gee indien reisbeperkings weens Covid-19 jou bespreking affekteer. Lees meer

50% deposito word vereis om bespreking te bevestig. Die volledige bedrag is betaalbaar sodra die faktuur gestuur is. Geen terugbetaling vir laat aankoms of vroegtydige vertrek nie.
Indien gaste nie opdaag nie of binne 72 uur voor die inklokdatum kanselleer, moet 100% van die akkommodasiefooi betaal word. Kansellasies tussen 3 en 7 dae voor die inklokdatum sal 'n kansellasiefooi van 50% van die akkommodasiefooi (m.a.w volle deposito) moet betaal.

Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Anaboomsingel 24, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQxMzM2ZjAwLWEwOTctNGI2Yi04MGFhLTQ5OGE1Y2FlYzI2OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 24 Anaboom Crescent Wavecrest 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 11:00 -34.027619 24.923087
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!