Universitas Akkommodasie by Tula-4-Longer | LekkeSlaap
+11

Tula-4-Longer

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Paul Kruger-laan 159, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R635 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Tula-4-Longer bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n eenslaapkamerkothuis op dieselfde perseel as 'n groter selfsorg-eenheid. Die eiendom is sentraal in die Universitas-woonbuurt in Bloemfontein geleë en is maklik van die N1 af bereikbaar.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en het 'n uittrekbed vir 'n ekstra kind. Die kothuis beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 'n tweede enkelbed en 'n ekstra uittrekbed in die leefarea. Albei slaapareas het waaiers en paneelverwarmers. Die leefarea beskik oor 'n TV met DStv en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, breekware, 'n braaipan, ketel, broodrooster en eetgerei. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die badkamer het 'n stort en toilet.

Die kothuis het sy eie braai-area met ingeboude braaigeriewe en 'n bankie. Die braai-area is langsaan die plonspoel. Daar is 'n speelarea met 'n trampolien vir kinders op die eiendom. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek.

Tula-4-Longer is ideaal geleë om sportbyeenkomste en konferensies by te woon, hospitale te besoek of vir studiedoeleindes. Daar is 'n supermark, apteek, OTM's en wegneemeetplekke naby die eiendom. Tula-4-Longer is ideaal vir langer verblyf en spesiale tariewe is van toepassing op besprekings vir gaste wat 4 nagte of langer bly.

Slaapplek

’n Bespreking by Tula-4-Longer sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Tula-4-Longer
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • President Paul Kruger-laan 159, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Tula-4-Longer het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R635
per nag (plek vir 4)
Vanaf R635
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Paul Kruger-laan 159, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAq6n0cvkmI9NYR6yERL0xxoYI6y8QixIFIuTtpGzMMie1PpCsFM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R635  per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 159 President Paul Kruger Avenue Universitas 9301 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.121859205992 26.1742199
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za