Tussen-I-Bome Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tussen-I-Bome Guest Farm is 'n bekoorlike ossewa-oord en venue net 30 minute, of 26 km, buite Montana in Pretoria op die R573 KwaMahlango/Moloto-pad. Ons ligging in die Bobbejaansberge bied 'n unieke venue vir troues, konferensies, funksies of net 'n lekker naweek-wegbreek saam met jou familie of vriende.

Ons bied verskillende verblyf-opsies, van ons ossewakampe vir die avontuurlustiges met slaapplek vir 4 - 6 mense, tot 'n gastehuis met 3 luukse en suite-kamers. Ons akkommodasie is ideaal vir groot groepe, want die gesinseenheid met 11 beddens, een privaat kamer, een semi-privaat kamer en 7 vrystaande beddens in 3 oopplan-areas bied oorgenoeg plek. Daar is ook 'n rustieke bos-lapa met slaapplek vir tot 16 mense en 'n pragtige chalet met slaapplek vir tot 10 mense. Verder het ons 'n regte Bosveld-karavaanpark en -kampeerterrein met water en elektrisiteit by elke staanplek. Gerieflike ablusiegeriewe en opwasgeriewe.

Die Ossewa-tema van ons venue en ons selfsorg-ossewakampe sal 'n nostalgiese gevoel aan jou verblyf by ons verleen. Ons venues, ook in die Ossewa-styl, kan tot 120 mense akkommodeer. Dis ideaal vir troues, konferensies, spanbousessies, jaareindfunksies, verjaarsdae, dooppartye en so meer.

Ons chalet, bos-lapa en gastehuis kan vir kleiner funksies soos hennepartytjies, rampartytjies, ooievaarspartytjies, kombuistee, ens. gebruik word. Daar is 2 WiFi-versenders wat WiFi aan ons gaste beskikbaar stel. Daar is verder TV en DStv-koppelpunte vir ons gaste wat dalk hul eie DStv-dekodeerders wil saambring.

Ons het 2 swembaddens waarvan een, 'n rotspoel, op die hang van 'n koppie gebou is met 'n uitsig-dek vanwaar die sonsondergang aanskou en waardeer kan word. Hier sal jy ook paaie kruis met rooibokke en sebras as jy die staproetes aanpak.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tussen-I-Bome Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za