Uitspan

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uitspan is 'n gemeubileerde huis vir 6 gaste wat net 'n kort entjie se stap van die strand af in Arniston geleë is.

Dié ruim huis het 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n stort deel. Die 1 kamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n enkelbed in die sitarea en nog een in die braai-area. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n mikrogolfoond, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n eetarea. Gaste kan hul maaltye om die eetkamertafel met sitplek vir 6 geniet.

Die sitarea 'n TV met 'n DStv-gastehuispakket. Daar is 'n binnebraai wat gaste kan gebruik. Die leefarea lei na 'n groot grasperk met buitebraaigeriewe. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Die huis het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie en daar is 'n enkelmotorhuis.

Arniston bied talle doendinge en besienswaardighede, soos bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk en duik tussen die skeepswrakke langs die kus. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel, die Waenhuiskransgrot en die verskeie restaurante in die omgewing besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Uitspan sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uitspan gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 375 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za