Umvangazi Rest
Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 7 Mei 2024 tot 31 Mei 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiaatweg 183, Marloth Park, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 600R1 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Umvangazi Rest is 'n plek waar jy onder die kiaatbome kan ontspan. Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis in die Marloth Park Reservaat wat grens aan die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin, een van die grootste wildreservate in Suid-Afrika.
Die huis het gemaklike slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die twee slaapkamers is op die onderste vloer geleë en elkeen beskik oor 'n dubbelbed en lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die solderkamer beskik oor 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer en die solderkamer maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en 'n ketel. Die oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea bied toegang tot 'n stoep waar gaste kan ontspan en die rustige bosveld-atmosfeer kan geniet. 'n Skottelgoedwasser is beskikbaar. Gaste geniet toegang tot 'n plonspoel, braaigeriewe en 'n boma. Die boonste dek is die ideale plek om te ontspan terwyl jy die uitsig geniet en kyk hoe die wild by die nabygeleë watergate vergader. Kyk uit vir vlakvarke, ape, bobbejane, bokke, sebras en kameelperde wat vrylik in die park rondloop.
Marloth Park het verskeie plekke waar jy oor die Krugerwildtuin kan uitkyk waar heelwat wildspesies gesien kan word. Die nabygeleë Krokodilrivier is die tuiste van seekoeie en krokodille. Besoekers kan die Lionspruit Privaat Wildreservaat besoek wat in Marloth Park geleë is. Daar is verskeie doendinge in en om Marloth Park. Beplan 'n daguitstappie na die Krugerwildtuin ? die Malelane- en Krokodilbrug-hekke is net 'n klipgooi weg! Geniet 'n skemerkelkie of 'n piekniek by een van die uitkykplekke aan die oewer van die Krokodilrivier of gaan speel 'n potjie gholf by die baan in Komatipoort.
Daar is 'n winkelsentrum in Marloth Park wat basiese benodigdhede verkoop en daar is 'n vulstasie, restaurant, deli, drankwinkel, wassery, hardewarewinkel, 'n bakkery en 'n slaghuis. Ontbyt, middagete en aandete kan by een van die lodges in Marloth Park geniet word of in Komatipoort.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Taryn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kiaatweg 183, Marloth Park, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Gaste dink Umvangazi Rest het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiaatweg 183, Marloth Park, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom