Valhalla

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Valhalla is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel met 'n Griekse styl wat teen die helling van Clifton-strand in Kaapstad geleë is. Dit is perfek vir gaste wat smag na ononderbroke uitsigte oor die oseaan van die hoofslaapkamer en balkon af, naby 'n verskeidenheid geriewe en doendinge.

Elke woonstel beskik oor 2 slaapkamers wat gemeubileer is met dubbelbeddens en het en suite-badkamers met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die kombuis is ten volle toegerus vir bak en brou en beskik oor geriewe soos 'n yskas met vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond en stoofplaat, 'n wasmasjien en oorgenoeg ingeboude kaste met eetgerei, breekware en ander toebehore.

Die oopplan-eetarea het 'n glastafel en stoele met gemaklike sitplek in die sitarea en 'n platskerm-TV (LED) met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is oral in die woonstel beskikbaar en daar is 'n persoonlike sjef wat op versoek gereël kan word.

Ons bied veilige parkeerplek vir 1 voertuig en Valhalla is net 'n paar minute se stap af strand toe en 'n entjie se ry van verskeie restaurante en kroeë, winkels en verskeie ander besienswaardighede en doendinge in Kaapstad af.

Slaapplek

'n Bespreking by Valhalla sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Telefoon
  •  Koordlose Internet

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Valhalla gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za