Venture Inn & Conferencing

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 8 Julie 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Venture Inn & Conferencing is 'n sonderlinge en bekostigbare bestemming met 15 kamers en 'n konferensie-/vergaderlokaal. Die instansie is 2 km geleë vanaf Port Shepstone se sakesentrum in die hartjie van die UGU munisipale distrik. Dit is 350 m vanaf die hoofswemstrand met strandwagte en haainette geleë.

Elke kamer het 'n privaat en suite-badkamer en is in ons rustige, subtropiese tuine wat wemel van voëllewe. Daar is 'n pragtige walviskykdek 450 m hiervandaan waar gaste dolfyne en walvisse kan kyk en die sardientjies gedurende die Sardientjieloop kan dophou. Die kamers is gerieflik en skoon en het 'n TV (basiese kanale), waaiers en koffiemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak en linne, badhanddoeke en seep word voorsien. Bring asseblief julle eie strandhanddoeke.

Ons het ook 'n pragtige joga-ateljee op die perseel met daaglikse klasse vir gaste. Die ateljee is beskikbaar vir wegbreke en spanbou en ons kan pasgemaakte pakkette aanbied. Vegetariese maaltye en spesiale detoksprogramme kan ontwerp word vir 'n groep van minimum 10 gaste op 'n slag en vir naweekwegbreke of vir langer tydperke. Die ateljee is volledig toegerus en et badkamers met storte.

Daar is 'n uitstekende venue met sitplek vir 50 mense op die balkon en 50 mense binne. Dit is ideaal vir klein of groot funksies. Spyseniering kan gedoen word, of jy kan jou eie dinge doen. Daar is 'n kontantkroeg vir drankies, troues, herdenking, 21ste verjaarsdae, begrafnisse, partytjies, bekendstellings ens.

Die konferensiegeriewe bied sitplek vir 25 gaste in 'n raadsaal-opset akkommodeer en ons bied uitstekende afslagtariewe vir groepe en besighede. Die kroeg het alles wat gaste sal nodig hê. Daar is gratis WiFi, maar dit is slegs in die hoofgebou en nie in die kamers nie. Dit bereik nie die kamers nie.

Daar is verskeie goed toegeruste hospitale en klinieke met goed opgeleide personeel aan die Suidkus. Die hotel is net halfuur vanaf die King Shaka Internasionale Lughawe en 15 km vanaf Margate se streekslughawe. Dit is ook naby die buiteklub, hengelplekke, bergfietsroetes, haaihokduik, skubaduik, snorkel en alle ander watersport. Daar is ook 'n sprankelende varswaterswembad op die perseel en braaigeriewe.

Venture Inn & Conferencing is 25 minute noord van die Wild Coast Sun Casino, 15 minute vanaf die Shelly Winkelkompleks met Ster Kinekor-teaters en die South Coast Mall geleë. Ons is ook net 20 minute vanaf Margate en 25 minute vanaf die skouspelagtige Oribi Gorge Wild Five, waar wandeltoere, kloofspring en swaai, en riviervlotvaart aangebied word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Venture Inn & Conferencing gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R595 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af vir verblyf voor 8 Julie 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za