Versteek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Versteek bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ten volle gemeubileerde drieslaapkamerhuis in 'n groot tuin vol wild - van bosbokke tot Knysnaloeries. Dié huis is in 'n stil woonbuurt in Brenton, sowat 15,2 km van Knysna af geleë. Die perseel is lekker sentraal en sommer naby die strand en die winkelsentrum. Die skaduryke geelhout- en melkhoutbome is die perfekte plek vir gaste om die natuur te geniet.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 7 volwassenes en 1 kind. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed, enkelbed en 'n bababedjie. Die derde slaapkamer is ideaal vir volwassenes of kinders. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en dubbeldeure lei na die tuin.

Die huis het 'n knus sitarea met 'n kaggel wat ideaal is vir die winter, en 'n ten volle toegeruste kombuis en eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en genoeg kaste, sowel as 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kroeg het wyn- en bierglase, 'n etenstafel met stoele, en toegang tot die tuin met 'n braai-area. Daar is ook WiFi, 'n printer en 'n Slim-TV.

Slaapplek

'n Bespreking by Versteek sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 volwassenes en 1 kind
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Versteek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]