Durbanville Akkommodasie by Vierlanden Garden Cottage | LekkeSlaap
+29

Vierlanden Garden Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tiekiedraaistraat 22, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Vierlanden Garden Cottage is 'n 3-ster selfsorg en B&B gastehuis in Vierlanden in Durbanville, 'n skilderagtige voorstad in Kaapstad, geleë.

Hibiscus het 'n dubbelkamer met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n slaapbank in die leefarea vir 2 kinders onder 12 jaar, 'n volledig toegeruste kombuis, 'n leefarea/eetarea met satelliet-TV, DStv en 'n volledige badkamer met 'n aparte stort.

Fynbos het 'n dubbelkamer met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n volledige badkamer met 'n aparte stort.

Protea is 'n semi-selfsorg-eenheid met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n stort. Daar is veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Gratis WiFi en braaigeriewe is beskikbaar op die perseel.

Lily het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is WiFi, lugversorging, 'n strykyster, strykplank, mikrogolf, ketel en 'n yskassie. Die badkamer het 'n stort en word met die Orchid-kamer gedeel.

Orchid het 'n koninggrootte-bed, 'n ketel en tee en koffie word voorsien. Die kamer het nie selfsorggeriewe nie. Die badkamer het 'n stort en word met die Lily-kamer gedeel.

Vierlanden Garden Cottage is gerieflik na aan Kaapstad, Tygervallei Winkelsentrum, Canal Walk, Century City, Durbanville Wynlande, die ongerepte wit strande, Tafelberg, die besige V&A Waterfront en nog baie ander besienswaardighede. Die Durbanville Mediclinic, asook die SNAP, 'n skool vir outistiese kinders en kinders met spesiale behoeftes, is letterlik op ons drumpel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 20 resensies vir Vierlanden Garden Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Tiekiedraaistraat 22, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vierlanden Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tiekiedraaistraat 22, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmJTOc4N4LFzoLVw8tTTDzd7t99ADK68Caf5cPEYkFpW3eieFha?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 20 5 1 5 22 Tiekiedraai Street Vierlanden 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.81705 18.65922
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za