Villa @ The Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa @ The Bay is in die klein vissersdorpie Lambertsbaai geleë. Dit is ideaal geleë en is net 'n klipgooi van die strand af.

Hierdie eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Albei slaapkamers is gemeubileer. Daar is 'n dagbed met 'n rolbed in die leefarea. Die beddens is met wit perkallinne oorgetrek. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Gratis toiletware word voorsien.

Die kombuisie het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n eetkamer en 'n sitkamer. Die eenheid het ook 'n braaiplek binne.

Dit is 'n veilige entjie se stap van restaurante en geriewe af en is net 'n entjie se ry van die wêreldbekende Muisbosskerm Restaurant af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa @ The Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za