Villa De La Mer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa De La Mer is in Houtbaai en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n moderne villa met berg-, hawe- en see-uitsigte. Dié tripelverdiepinghuis het 4 slaapkamers en is geskik vir 'n gesin of groep vriende. Die gewilde Mariner's Wharf Harbour-front Emporium en strand is net 900 m van die villa af.

Die leefareas op die grondverdieping het 'n ingeboude kaggel en 'n kontemporêre sitkamer en eetarea waar gaste kan ontspan. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Daar is ook 'n toonbank in die kombuis.

Die huis beskik oor 4 en suite-slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed. Een van die en suite-slaapkamers is onder en is geskik vir gaste wat sukkel om trappe te klim. Dié slaapkamer bied toegang tot die balkon en voortuin en die ander 3 slaapkamers is bo. Daar is ook bad- en stortgeriewe.

Gaste kan die uitsig oor Houtbaai van die privaat balkon met 'n swembadjie en eetarea af geniet. Die huis het ook braaigeriewe, WiFi en 2 veilige motorhuise. Die eiendom het elektriese heinings en daar is ADT-sekuriteit. Die huiseienaar en sy span woon naby en is net 'n oproep ver.

Dis die ideale bestemming waarvandaan gaste Houtbaai kan verken. Gaste kan die restaurante by die hawe, die strand en Bay Harbour Market besoek en daar is ook visvangbote, duikgeleenthede saam met robbe, jetski-geleenthede en besoeke aan Seal Island.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa De La Mer sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa De La Mer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 850 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za