Villa Nostra

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Nostra is 'n selfsorgkothuis op die eienaar se rustige erf en is bereikbaar via 'n 500 m-grondpad vanaf die N2-hoofweg. Die perseel is in Langvlei Dunes in Wildernis geleë.

Dié privaat kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer oor 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n wasbak, toilet en stort. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof, wasmasjien, mikrogolfoond, breekware en eetgerei.

Die oopplan-sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die eetarea langsaan het 'n tafeltjie met stoele. Die leefarea lei na buite waar daar 'n braaiplek en stoele is wat gaste kan gebruik.

Gaste kan ook gerus van die binnenshuise swembad op die perseel gebruik maak as hulle dit met die eienaars gereël het. Veilige parkeerplek is agter afstandbeheerde hekke beskikbaar.

Die kothuis is agter die hoofhuis en het 'n lieflike uitsig oor die dammetjie, fynbos en berge in die verte.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Nostra sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Nostra gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za