LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Villa Petit | LekkeSlaap
+16

Villa Petit

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stellenberg Gardens, Eversdal-weg, Eversdal, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Villa Petit is 'n dorpshuis met 3 slaapkamers wat in 'n veiligheidskompleks in Eversdal geleë is.

Die huis bied gemaklike slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Dié kamer lei ook na 'n balkon wat oor die tuin uitkyk. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n driekwartbed. Albei hierdie kamers het lugversorging en deel 'n badkamer wat ingerig is met 'n bad. Daar is 'n ekstra kamer met 'n dubbelslaapbank. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, skottelgoedwasser, asook koffie- en teemaakgeriewe. Etes kan by die ontbytkroeg of die etenstafel geniet word.

Die woonkamer het lugversorging en 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Die woonkamer lei na 'n privaat tuin met braaigeriewe.

Daar is nog 'n leefarea met 'n HiFi en 'n aparte gastetoilet

'n Wasmasjien, tuimeldroër en strykgeriewe is in die motorhuis beskikbaar. Rook is verbode by die instansie en ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die kompleks het 'n groot erf met tuine en 'n swembad, en toegang tot die kompleks kan via 'n elektroniese hek verkry word. Die instansie is net 200 m vanaf 'n tuinsentrum met 'n restaurant en dit is sowat 3 km se ry vanaf 3 groot winkelsentrums.

Dit bied direkte toegang tot die N1 en die N2.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa Petit sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Stellenberg Gardens, Eversdal-weg, Eversdal, 7550, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stellenberg Gardens, Eversdal-weg, Eversdal, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXpp549etREbz3Ytr3odiqIwASOTy8D5QdeZCarfuQUXsaG69QX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 5) Stellenberg Gardens Eversdal Road 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.872037326039 18.667238279762
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!