Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Riviera 24

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 61

Jaar gelys 8

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 9 resensies vir Villa Riviera 24
Netheid
4.2/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
3.7/5
Jano B - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Jano B
Gesin met klein kinders

Mooi plek en baie potensiaal maar sal ongelukkig nie weer terug gaan.

Die plek kan baie lekker wees. Ons het ongelukkig 'n dag vroeër gery omdat vlooie ons gebyt het deur die nag. Wanneer daar loadshedding was, het groot kakkerlakke uitgekom. Ons het net drie gesien. Die woonstel het 'n baie bedompige reuk gehad soos 'n plek wat lank toegestaan het. Ek sal aanbeveel dat hulle net daardie gifbomspuitbottels vir insekte in die plek spuit om die sandvlooie en kakkerlakke dood te maak. Dan ook dalk 'n venster oop te laat dat dit nie so bedompig is nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Villa Riviera 24 se terugvoer

Goeie dag Jano.

Dankie vir die terugvoer en ons sal aandag gee daaraan. We het nog nooit voorheen klagtes oor dit gehad nie. Jy kon enige tyd laat weet het toe julle dit opmerk, dan kon ons iemand uitgestuur het om te spuit.

Mooi bly.
Sonja

Villa Riviera 24
Hercules V - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hercules V
Besigheidsreis

Great ervaring.

Ek en my seun wou nie vertrek nie. Die eenheid se logging is fantasties en die plekkie is toegerus met als wat mens benodig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elna S - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Elna S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Geen waaier of iets soortgelyk nie. Moet dus met deur en vensters oop slaap en die area langs lagoon is betrek met muskiete. Dus het ons 4 nagte van min rus gehad en moes in sitkamer slaap vir meer sirkulasie.

Daar is ook geensins voorsiening gemaak vir beurtkrag nie, slegs 2 kerse. Dit nie meer aanvaarbaar nie aangesien dit deel van ons lewe is. Geen waaier of iets soortgelyk nie. Eenheid baie bedompig in somermaande met baie muskiete a.g.v. die lagoon en grasarea. Met die gevolg dat alle vensters en deure oopgelos moet word vir sirkulasie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Villa Riviera 24 se terugvoer

Goeiedag Elna, baie dankie vir die terugvoering en ons sal beslis aandag gee aan jou versoek vir 'n waaier en herlaaibare lig kry vir die eenheid. Groete. Sonja

Villa Riviera 24
Sharon V - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sharon V
Gesin met tieners

Hartenbos is kos vir 'n mens se siel.

Die uitsig was prentjiemooi. Sekuriteit was baie goed. Ek sal beslis Villa Riviera 24 aanbeveel. Hartenbos vakansie was als die moeite werd. Son, see en rus. Dankie Villa Riviera 24.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Villa Riviera 24 se terugvoer

Baie dankie Sharon. Bly julle het dit geniet.

Villa Riviera 24
Lizette J - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette J
Gesin met tieners

Pragtige uitsig, netjies, gerieflik.

Pragtige plek, baie skoon en netjies, mooi uitsig, gerieflik naby alles. Baie veilig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Shaanta L - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Shaanta L
Gesin met tieners

Lekker gekuier.

Ons het lekker gebly. Goeie ligging. Baie veilig. Wat vir my teleurstellend was is die onderstaande: Geen yster (moes maar een gaan koop). Was 'n mop , maar geen houer vir mop. Tafel in sitkamer het ek weg geskuif en daar was nie skoon gemaak nie. Banke is al verby hul vervaldatum. Geen toiletpapier, toilet spray, ketel se oor raak vuur warm en sit nie af nie. Indien iemand gesê het ons verskaf niks ekstra nie, dan sou ek beter beplan het. Daar is 'n wasmasjien, maar aan niks gekoppel nie. Weet nie of Hartenbos se troeteldiere in kombuis klein miere is nie, want kombuis was vol klein miere. 'n Mens kan niks op tafel los nie (ek praat nou nie eers van soetgoed nie), miere kruip in als in. Ek hou nie van 'n mier nie (groot of klein). Eerste keer in Hartenbos - het see en waterfront geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Villa Riviera 24 se terugvoer

Goeie dag,

Dankie vir die terugvoer. Ons sal aandag gee aan die items genoem.

Ons stuur altyd epos uit met wat ons verskaf en nie, aangesien dit 'n selfsorg eenheid is. Aangesien julle eers die dag van inboek betaal het om bespreking vas te maak, is dit nie gedoen nie.

Ons sal ook kyk om te laat spuit vir die miere.

Waardeer die terugvoer, sodat ons almal se verblyf aangenaam kan maak.

Die wasmasjien is op wielietjies en kan gekoppel word, so sal dit so noem vir huurders voorentoe.

Groete,
Sonja

Villa Riviera 24
Adriaan M - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Adriaan M

Lekker gebly.

Beddens kan vervang word. Motorhuis te klein vir Amarok. Deur kan nie toe nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Villa Riviera 24 se terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer. Ons sal aandag gee aan die beddens, maar kan ongelukkig niks aan die motorhuis doen nie. Daar is wel parkeerplek onder skadunette ook vir gebruik.
Groete,
Sonja.

Villa Riviera 24
Helga S - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helga S
Gesin met tieners

Baie netjies, gerieflik en goed geleë naby see en winkelsentrum.

Hierdie akkommodasie kan ons beslis aanbeveel. Eienaar en agent is baie vriendelik en hulpvaardig. Die plekkie is pragtig en het 'n mooi uitsig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Villa Riviera 24 se terugvoer

Baie dankie vir die goeie terugvoer, Helga.

Villa Riviera 24
Jackie S - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jackie S
Saam met vriende

Plek was mooi skoon, oulik vir 'n wegbreek.

Net teleurgesteld gewees toe ons daar aangekom het was daar konstruksie werk aan die voorkant van die lagoon en die masjiene het ontsettend geraas, selfs met die skuifdeure toe wat uitloop na die balkon het ons dit nog steeds gehoor. Daar was nie ekstra komberse nie, en daar was ook nie kussings vir die stoele op die balkon nie, tensy ons dit alles mis gekyk het, maar ons het orals gesoek. Wat ons ook nie geweet het nie is dat die woonstel op die 2de vloer is, so die 32 trappe op was nogal moeilik gewees vir iemand wat sukkel om trappe te klim en nog met bagasie ook, geen hysbakke nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-weg 133, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89b4da60fc49c369673a381caed79354d5a80d95538f44a3c7b4a5cb5b72f0ac05f5b3f35d0b0da99d8cd770920b2235d4d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 9 5 1 5 133 Port Natal Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.11841868113 22.11743840527
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem