@Villa Riviera 3
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg, Villa Riviera 3, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
@ Villa Riviera 3 is 'n vakansiewoonstel op die grondverdieping van 'n veilige kompleks in Hartenbos loopafstand van die strand af. Dié woonstel spog met 'n lieflike uitsig oor die rivier vanaf die voorstoep en is net sowat 1 km vanaf verskeie restaurante, winkels en die bekende ATKV-warmswembad en pretpark geleë.
Die eenheid is toegerus met 'n batterysisiteem. Gaste kan dus rustig vakansie hou sonder die ongerief van beurtkrag !!
Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer met dakwaaier het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware. Die leefarea het lugversorging met 'n driekwart-slaapbank en 'n platskerm-TV met Showmax en Netflix.
Beperkte gratis Wifi ook beskikbaar.
Die skuifdeur lei na die privaat stoep waar daar 'n sambreel, etenstafel met stoele is. Daar braaigeriewe buite op die grasperk met 'n pragtige uitsig oor die Hartenbosrivier. Daar is ook , buitestort. Die Riviera Hotel grens aan die kompleks en gaste is welkom om dié swembad te gebruik. Gratis, veilige skadunetparkeerplek is beskikbaar.
Let asb daarop dat die Wifi en elektrisiteit per dag heeltemal genoeg vir normale daaglikse gebruik is. Dit word egter beperk en indien gaste meer as die bedrag benodig, dit self opgelaai kan word.
Slaapplek
’n Bespreking by @Villa Riviera 3 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Persoonlike Kluis
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
5/5
Bernard Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 1
Maande gelys 9
Ligging
- Port Natal-weg, Villa Riviera 3, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink @Villa Riviera 3 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg, Villa Riviera 3, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom