Villa Rose Guesthouse & Venue
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koos van der Walt-laan 115, Universitas, Bloemfontein, 9330, Vrystaat
- Vanaf R890 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Villa Rose Guesthouse & Venue bied gerieflike, moderne, ruim kamers vir gaste en reisigers in Universitas, Bloemfontein.
Gaste kan kies tussen kamers vir 2 tot 4 gaste wat almal in 'n onderhoude tuin geleë is. Die kamers het elk 'n privaat ingang, 'n koningingrootte-bed met katoenbeddegoed en van die kamers het enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Swemhanddoeke word ook voorsien.
Die kamers het elk 'n kombuisie met 'n kroegyskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe en daar is tuisgebakte beskuit. 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en 'n werkstasie word voorsien en al die kamers is rookvry. Braaigeriewe is beskikbaar in die tuin.
Villa Rose Guesthouse & Venue is net 4 km van die Universiteit van die Vrystaat, 5 km van Mimosa Mall en die Loch Logan Waterfront af en net 'n entjie van Grey Collage af. Bloemfontein bied aktiwiteite soos staproetes, vryval, sterrekyk by die Boyden Observatory en verskeie museums, winkels en restaurante. Gaste kan ook die Vrystaat se Nasionale Botaniese Tuin, die Franklin Wildreservaat of Hamilton Park besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Tanya Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 64
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Koos van der Walt-laan 115, Universitas, Bloemfontein, 9330, Vrystaat
- Gaste dink Villa Rose Guesthouse & Venue het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Universitas Universitas Ridge Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koos van der Walt-laan 115, Universitas, Bloemfontein, 9330, Vrystaat